Bekende regisseur en draaiboekskrywer van 7deLaan en Egoli sterf

Lees ook :

Foto: Henry Mylne

Danie Odendaal (77), ‘n bekende SA-regisseur en draaiboekskrywer van onder meer Saartjie, 7deLaan en Egoli, het na ‘n kort siekbed op Langebaan gesterf.

Danie en Annie, sy vrou, het in Frankryk gebly en het teruggekeer na Suid-Afrika nadat hy ‘n beroerte gehad het. Hulle het vir die afgelope jare op Langebaan gewoon.

Die oorsaak van sy sterfte is nie bekend nie. Medelye stroom vir die bekende televisiepersoonlikheid in.

Henry Mylne sê: “RIV My dierbare vriend en kollega DANIE ODENDAAL. ‘n Vriendskap wat by TV1 by die SAUK begin het in die tagtigerjare. Ons beide as regisseurs. Hy by Ernstige Musiek en ek by die Drama Departement. Ons was ook bure vir baie jare. Daarna was hy Hoofskrywer en ek Regisseur onder ons vriend en kollega Franz Marx se EGOLI vir die eerste 8 goue jare. Ons kantore was regoor mekaar. Toe begin hy 7DE LAAN saam met ons geliefde Annie Basson. Hy rokkel my af by EGOLI. Hy was Vervaardiger en Hoofskrywer en ek was Regisseur. Beide EGOLI en 7DE LAAN het in ons woonkamers geboer. Om saam met Danie aan EGOLI en 7DE LAAN te kon werk, was om Charles Dickens aan te haal “the best of times!” Om Danie se vriend en kollega te wees “was the ultimate of times!””

Bronne: TV with Thinus en Henry Mylne

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief