Appel sterk goed na operasie aan

Lees ook :

Foto's: Appel

Lees ook hier.

Appel, oftewel Christoph Kotze, sterk goed aan nadat hy Woensdag ‘n blindedermoperasie ondergaan het.

“Blindederm is suksesvol uitgehaal. Dankie Aan dr. Stefan Botes en span by Milnerton, daar was geen foute gemaak nie. Sien julle op die verhoog by Liefde By Die Dam in Meerendal en definitief by Afrikaans is Groot. Dankie vir almal se liefde en ondersteuning.”

Appel het vier dae gelede verjaar. Hy sê speels daar gebeur altyd iets met hom voor die Afrikaans Is Groot-konserte ‘n aanvang neem.

“From CTC to Appendix removal 🤯 altyd so voor Afrikaans is Groot gebeur daar so ietsie met my 😂.”

Appel en James Johnston het skaars ‘n week gelede Country Is For Me uitgereik, toe is hulle nommer een op die treffersparades van Suid-Afrika. Die ongewone Engelse/Afrikaanse countryliedjie is vir die eerste keer lewendig deur die duo in Kaapstad gesing.

“Ladies and gents the #1 country song in South Africa is…🤯🤯🤯 Dankie Suid Afrika!!! Thank you South Africa!!! James Johnston congratulations brother!”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief