OOS-KAAP. – ‘n Bejaarde man en vrou onderskeidelik 70 en 74 jaar oud, is Donderdag met noodlottige skietwonde aan hulle koppe in hulle slaapkamer buite Tsolo in Lucingweni aangetref.
Lt.kol. Siphokazi Mawisa sê ‘n span speurders werk om die saak van die dubbele moord op te los. Volgens inligting is die oorledenes Maandag 25 November laas opgemerk. Familielede het onersoek ingestel en op die grutoneel af gekom.
Nadat die saak geopen is, is dit na die provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad oorgeplaas.
Enigiemand met relevante inligting wat die speurders in hulle ondersoek kan help, word gevra om na vore te kom.





