WES-KAAP. – Agt persone, onder wie kinders, het Sondagoggend gesterf toe die bus waarin hulle gereis het, omstreeks 07:10 op die hoek van Rouxstraat en die N1 in Worcester gerol het. ‘n Man verskyn vandag op aanklag van strafbare manslag in die hof.
Sers. Wesley Twigg sê aan Nuusflits ‘n man (32) is in hegtenis geneem en verskyn vandag in die Worcester-landdroshof. ‘n Saak van strafbare manslag, waarvan die omstandighede ondersoek word, is met aanmelding van die ongeluk oopgemaak. Agt persone het gesterf en 23 is beseer.
Titanium Securitas Medical Response sê verskeie oproepe oor die ongeluk is ontvang. Met aankoms op die toneel is mense met geringe tot kritieke beserings aangetref. Beseerdes is vir verdere mediese behandeling na veskeie mediese fasiliteite op Worcester vervoer.
Agt persone is weens beserings op die toneel dood verklaar.







