Onderhoof kry borg na aanklag van verkragting

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – Die onderhoof (63) van Laerskool Kgwenaype het op aanklagte van seksuele voorbereiding, seksuele aanranding en statutêre verkragting van ‘n 12-jarige in die Brits-landdroshof voorgekom en is op R5 000 borg vrygelaat.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê na bewering het die beskuldigde in bosse naby Majakaneng seks met die minderjarige gehad. Hy het haar glo in 2023 gesoen en naakfoto’s vir haar begin stuur. Die 12-jarige se vriendin het glo die boodskappe gesien en haar ma en ‘n onderwyseres vertel. Die onderwyseres het gevra die foon moet skool toe geneem word.

Die 12-jarige se ma is vervolgens oor die beweringe ingelig en het op 23 November ‘n saak geopen. Die onderhoof is op 25 November gearresteer toe hy homself aan GKS oorgegee het.

Tydens borgaansoek het die beskuldigde se regsverteenwoordiger aangevoer hy is ‘n eerste oortreder wat getroud is en kinders het. Hy is ook ‘n opvoeder en moet sy huis betaal.

Octavia Pletschke het die aansoek teengestaan omdat hy reeds glo die slagoffer, haar ma en ‘n getuie gedreig en geïntimideer het.

Landdros Rosenburg het egter borg met streng voorwaardes toegestaan. Die beskuldigde mag nie met die slagoffer of getuies inmeng of kontak maak nie. Hy moet daagliks by Hartbeespoortdam-polisie aanmeld en sy paspoort moet by die ondersoekbeampte ingehandig wees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief