Griekeland loop onder Storm Bora deur

Lees ook :

Storm Bora tref Griekeland
Storm Bora tref Griekeland fotokrediet: X

Lees ook: KYK: Storm Bert tref VK

GRIEKELAND. – Minstens drie mense is oorlede na Storm Bora Griekeland Saterdag getref het.

Die eilande Rhodes en Lemnos veral het onder erge reën en wind deurgeloop.

Een man (70) is oorlede in Kontias na hy geval het toe hy sy huis tydens die storm probeer opruim het. ’n Boer (57) se liggaam is gekry na hy verdrink het toe hy probeer het om sy motor, wat in puin vasgesit het, los te kry. Nog ’n man is aan hipotermie dood toe hy met sy motor in ’n sloot beland het terwyl hy vallende rotse in Halkidiki probeer vermy het. Hy is dood gekry nadat hy vir ten minste agt uur in sy motor vasgekeer was.

’n Noodtoestand is dwarsoor Griekeland verklaar en waarskuwings geld steeds.

Bronne: BBC, Sky News, X

Lees ook: KYK: Storm Bert tref VK

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief