KYK: Storm Bert tref VK

Lees ook :

KYK: Storm Bert tref VK
KYK: Storm Bert tref VK fotokrediet: X

Lees ook: Oorsteek van 1.5°C-drempel vir aardverwarming gaan hele 2024 duur

VK. – Storm Bert het die naweek groot dele van die Verenigde Koninkryk met swaar reën en erge winde getref.

‘n Dam in Wallis het weens die swaar reën gebars. Meer as 100 mm reën is in dele van Suidelike Wallis gemeet.

Skotland, Engeland en Wallis is teen oorstromings gewaarsku, terwyl ‘n waarskuwing vir erge wind vir Skotland uitgereik is.

Sowat vyf mense is reeds in Storm Bert dood. Een was ‘n man in sy 60’s wat dood is na ‘n boom, wat deur die storm uitgeruk is, sy motor naby Winchester in Engeland getref het.

Bronne: BBC, Daily Mail, X

Lees ook: Sowat 30 gestrande walvisse in Nieu-Seeland gered

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief