Spoedvrate oor spoed gewaarsku, twee gearresteer

Lees ook :

Foto's: Departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid

LIMPOPO. – Twee spoedvrate is binne 24 uur in die provinsie gearresteer en voornemende bestuurders wat swaar voete op die brandstofpedaal het, word ernstig gewaarsku.

Die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid sê in ‘n verklaring die bestuurder van ‘n wit Ford Ranger wat op die N1 buite Mokopane (Potgietersrus) 181 km/h in ‘n 120 km/h-sone gery het, is Donderdag gearresteer. Die bestuurder het Vrydagoggend vir die oortreding van die padverkeerswet in die Mokopane-landdroshof verskyn.

Vrydagoggend is die bestuurder van ‘n grys VW Polo wat 187 km/h in ‘n 120km/h-sone op die N1 by Sondela gery het, in hegtenis geneem. Die bestuurder sal Dinsdag op aanklag van die oortreding van die padverkeerswet in die Bela Bela-landdroshof (Warmbad) voorkom.

Bestuurders word gewaarsku om snelheidsgrense na te kom, of die vakansie agter tralies deur te bring. Die departement waarsku dit is onverantwoordelik en stel lewens in gevaar om die snelheidsgrens te oorskry.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief