KWAZULU-NATAL. – ‘n Persoon is Maandag ernstig in ‘n renoster-aanval net buite Pietermaritzburg beseer.
Midlands EMS sê dié diens het ‘n oproep vir hulp ontvang. ‘n Gevorderde lewensondersteunende ambulans is dadelik na die toneel waar met aankoms ‘n persoon met ernstige beserings in ‘n kritieke toestand aangetref is. Die persoon is gestabiliseer en vir verdere mediese behandeling na ‘n vlak 1 trauma-hospitaal geneem.





