Lees ook: Vyf verdagtes in hegtenis vir moord op polisiehoë
ERMELO. – Die vyf verdagtes wat vir die moord van lt.kol. Piet Pretorius (59) in hegtenis geneem is, sal in aanhouding bly.
Pretorius, die hoof van die voertuigmisdryf-ondersoekeenheid, is Donderdag in sy amptelike voertuig doodgeskiet terwyl hy aan diens was.
Die verdagtes, ’n voormalige polisiebeampte Mthobisi Nkosi, Aubrey Xaba, Skjumbuzo Skhakhane, Nyiko Mujovo en Valencia Skhosana, sal weer op 27 Januarie in die Ermelo-landdroshof verskyn op aanklagtes van moord.
Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek en sodat Mujovo regsverteenwoordiging kan kry.
Bronne: SAPD





