Grensbeamptes en nog sewe vir ‘korrupsie’ gearresteer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Tydens ‘n operasie by Beitbrug-grenspos is twee grensbestuursowerheid-amptenare en sewe ander individue vir beweerde betrokkenheid by korrupsie en die oortreding van die immigrasiewet gearresteer.

Kol. Malesela Ledwaba sê ‘n inligtingsgedrewe operasie is Dinsdag omstreeks 09:00 uitgevoer. Die fokus van die operasie deur lede van die provinsiale teenkorrupsie-eenheid, Musina-speurders, PKRS en grensbestuursowerheid-amptenare was die onwettige aktiwiteite van fasiliteerders wat ongedokumenteerde immigrante help om die grens onwettig oor te steek.

‘n Wit Mercedes-Benz-taxi is onder meer dopgehou wat langs ’n winkel stilhou. ‘n Vrou (61) en ‘n man (44) wat by Beitbrug-grenspos gestasioneer is, is opgemerk toe hulle glo die voertuig gestop, omkoopgeld aanvaar en dit daarna laat verder ry het. Die voertuig is later onderskep en daar is bevind dat dit altesaam 18 passasiers vervoer het – 13 was in besit van geldige paspoorte, terwyl vyf ongedokumenteerde buitelanders sonder reisdokumente was. ’n Vroulike passasier en die taxibestuurder, wat vermoedelik ook aktief by die onwettige fasilitering betrokke was, is ook op die toneel in hegtenis geneem.

Ledwaba sê die verdagtes is van korrupsie aangekla en het Woensdag in die Musina-landdroshof verskyn. Die vyf ongedokumenteerde immigrante is afsonderlik van oortreding van die Immigrasiewet aangekla. Al nege beskuldigdes sal Donderdag vir ‘n formele borgtogaansoek in die hof voorkom.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief