Transito-rooftog laat een dood, verskeie beseer

Lees ook :

Foto's: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Insittende in ‘n taxi is dood en nog ses ander persone, insluitend ‘n veiligheidsbeampte, is gister (Woensdag) in ‘n transito-rooftog gewond. Die voorval het net ná 17:00 op die R56-pad, naby die tweede Bainesfield-afrit voor Richmond, buite Pietermaritzburg, gebeur.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê dié diens se beamptes by die Cato Ridge-hospitaalbasis het hulle ná talle oproepe na die toneel gehaas. Paramedici het chaos en verwoesting oor ‘n groot afstand aangetref. Daar was koeëlgate in ‘n kontantwa en ander voertuie is ook beskadig weens die rooftog en botsings. Die SAPD en verskeie veiligheidsbeamptes was gouop die toneel en die gebied is afgesper.

Jamieson sê die insittende van die taxi is in die kruisvuur vasgevang. Hy is deur paramedici ondersoek, maar is op die toneel dood verklaar. Daar is onmiddellik begin om die verskeie gewondes te behandel. Die beseerdes, insluitend veiligheidsbeamptes, is op die toneel gestabiliseer voordat hulle vir verdere behandeling na verskeie hospitale in Durban en Pietermaritzburg vervoer is.

Die pad was gesluit om die SAPD in staat te stel om die voorval te ondersoek.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief