KYK: Minstens 22 beseer toe taxi en motor bots

Lees ook :

Foto's: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – Ongeveer 22 insittendes van ‘n volgelaaide minibustaxi en ‘n motor is Saterdagmiddag net voor 12:00 beseer toe hulle in Alan Paton- en Umbiloweg in Umbilo, Durban, teen mekaar gebots het. Een van die beseerdes was in die wrak vasgekeer.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê dié diens het talle oproepe oor ‘n enrstige ongeluk gekry. Ná die impak van die botsing het die taxi verskeie kere gerol en van die insittendes is uitgeslinger. Paramedici het Ethekweni-brandweer lewenskake gebruik om die vasgekeerde insittende te bevry. Al die beseerdes is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na verskeie Durban-hospitale vervoer is.

“In hierdie stadium is die gebeure wat tot die ongeluk gelei het onbekend. SAPD en Metro-polisie was op die toneel en sal verdere ondersoek instel,” het Jamieson gesê.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief