VSA. – Die VSA het gister die voorstel van die VN se Veiligheidsraad geveto om ’n skietstilstand in Gasa onmiddellik en permanent in te stel.
Lees ook: Israel sê dit sal ‘basiese hoeveelheid’ kos in Gaza toelaat
Altesame 14 lande het ten gunste van die resolusie gestem, maar die VSA, ‘n permanente lid van die Veiligheidsraad, was nie daarvoor te vinde nie. Die voorstel is daarom afgekeur.
Die VSA verteenwoordiger, Dorothy Shea, het die wetsontwerp as “onaanvaarbaar” beskryf en het gesê dat die VSA niks sal ondersteun wat nie Hamas veroordeel en wat nie eis dat dié groep Gasa verlaat nie.
Volgens haar was ‘n bydraende faktor tot die VSA se besluit dat die VN nie Hamas as ’n terreurgroep klassifiseer nie.
Die voorstel was dat die oorlog onmiddellik gestop, dat humanitê hulp aan die inwoners van Gasa verleen en dat die gyselaars dadelik vrygelaat word.
Bronne: BBC, CNN, UN News
Lees ook: Israel sê dit sal ‘basiese hoeveelheid’ kos in Gaza toelaat





