ISLAMABAD, PAKISTAN. – ’n TikTok-ster (17) is in haar huis doodgeskiet ná sy die verdagte (22) se “aanbod van vriendskap” herhaaldelik verwerp en hy daarna by haar huis ingebreek het.
Lees ook: TikTok-ster doodgeskiet tydens uitsending
Volgens die polisie het Umar Hayat Maandag ure lank buite Sana Yousaf se huis gestaan voordat hy ingebreek het. Hy het twee skote afgevuur, haar selfoon gesteel en daarna gevlug. Yousaf se tannie was glo ook in die huis toe Hayat ingebreek het en hy het gedreig om haar ook te skiet voor hy gevlug het.
Hayat is die seun van ’n voormalige openbare werker.
Bronne: BBC, CBS News, The Star





