Een verdagte doodgeskiet, nog een gewond ná rooftog

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Verdagte is dood en nog een is Woensdag kort voor 17:00 gewond ná ‘n gewapende rooftog by ‘n groothandelaar in Ceres Village, in die Matlala-polisiëringsgebied, wat tot ’n skietery met die polisie gelei het.

Brig. Hlulani Mashaba, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits twee mans het glo die winkel betree, waarna een ’n vuurwapen op die eienaar gerig het. Hulle het kontant uit die kasregister geneem, terwyl ’n derde verdagte buite in ’n blou Hyundai i20 gewag het.

In ‘n operasie ná die rooftog deur die polisie geloods, is die verdagtes naby Bloedrivier in die Seshego-polisiëringsgebied opgespoor. Toe die polisie probeer hulle voertuig te onderskep, het twee gewapende verdagtes uit die voertuig gespring en op die beamptes geskiet. Een verdagte is doodgeskiet en nog een gewond en onder polisiebewaking in ‘n hospitaal opgeneem. Die derde verdagte het gevlug en word gesoek. ’n Vuurwapen is op die toneel gevind.

Die polisie ondersoek sake van sakeroof, poging tot moord en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief