ROME, ITALIЁ. – Sowat 21 mense is vanoggend in ’n ontploffing by ’n vulstasie in Rome beseer.
Lees ook: Verskeie mense beseer in mesaanval by winkelsentrum in Finland
Volgens ooggetuies was daar ’n aanvanklike ontploffing en ’n tweede groter ontploffing toe die polisie en brandweermanne op die toneel aangekom het.
Agt polisiebeamptes en een brandweerman is in die tweede ontploffing beseer.
Nooddienste is steeds besig om die brand te probeer blus.
BREAKING: New video shows the moment of the gas depot explosion in Rome, Italy, injuring several police officers, firefighters and passer-by. pic.twitter.com/OuLYImVArD
— AZ Intel (@AZ_Intel_) July 4, 2025
Bronne: The Independent, The Mirror, The Express, X
Lees ook: Verskeie mense beseer in mesaanval by winkelsentrum in Finland





