ROEMENIЁ. – ’n Motorfietsryer is die week oorlede nadat hy deur ’n beer in berge in Roemenië aangeval is.
Lees ook: Toeriste dood nadat olifant hulle by Zambiese nasionale park aanval
Volgens owerhede het die man stilgehou by ’n gewilde toeristegebied op die Transfagarasan-pad toe hy deur die beer aangeval is. Die beer het die motorfietsryer daarna by ’n kloof afgesleep.
Ion Sanduloiu, hoof van die Arges County-bergreddingsdiens, het gesê die motorfietsryer was reeds dood toe hulle op die toneel aangekom het. Die slagoffer het glo stilgehou langs ’n teken wat die publiek waarsku om nie bere te voer nie.
Hy het verder gesê die motorfietsryer se valhelm en beskermende klere was nie genoeg om sy lewe te red nie.
Volgens owerhede is die beer nie uitgesit nie en ’n ondersoek oor die voorval is onderweg.
Bronne: BBC, The Independent, Romania Insider
Lees ook: Toeriste dood nadat olifant hulle by Zambiese nasionale park aanval





