ZAMBIЁ. – Twee bejaarde vroulike toeriste, een Brit en een Nieu-Seelander, is gister dood nadat hulle tydens ’n stapsafari in Zambië deur ’n olifant aangeval is.
Lees ook: Vier mense dood, verskeie beseer in skietery buite nagklub in VSA
Easton Janet Taylor (68) van die VK en Alison Jean Taylor (67) van Nieu-Seeland is dood nadat hulle deur ’n olifantkoei bestorm is wat saam met haar kalfie was.
Safarigidse het op die olifant geskiet en haar gewond om die aanval te probeer stuit, maar die pogings het misluk. Albei vrouens is op die toneel oorlede.
Bronne: The Independent, Metro, The Mirror
Lees ook: Vier mense dood, verskeie beseer in skietery buite nagklub in VSA





