ITZEHOE, DUITSLAND. – Volgens Duitse owerhede in Itzehoe ondersoek hulle ‘n saak van ’n dokter wat glo verskeie pasiënte vermoor het.
Lees ook: Meer as 100 mense in brand naby Marseille beseer
Die kantoor van die openbare aanklaer, asook die polisie, het gesê hulle ondersoek die dood van verskeie pasiënte, meestal bejaardes, in die Pinneberg-distrik tussen Itzehoe en Hamburg. ’n Spesiale kommissie het reeds “verskeie nadoodse ondersoeke en opgrawings” uitgevoer.
Volgens die ondersoekers gaan dit weke neem voor die uitslae van die mediese ondersoeke bekend gemaak gaan word.
Bronne: Euronews, ABC News, US News





