Meer as 100 mense in brand naby Marseille beseer

Lees ook :

Meer as 100 mense beseer in brand naby Marseille fotokrediet: X

MARSEILLE, FRANKRYK. – Minstens 110 mense is beseer in ’n vinnig bewegende veldbrand naby Marseille, Frankyk.

Lees ook: Verskeie mense dood weens hittegolf in Europa

Die minister van binnelandse sake, Bruno Retailleau, het gesê ongeveer 1 000 brandbestryders is op die toneel om die veldbrand te probeer blus. Volgens plaaslike media is sowat 400 mense uit hulle huise ontruim.

Inwoners is gewaarsku om in hulle huise te bly en nie te ontruim tensy hulle so beveel word nie.

Veldbrande woed ook in ander dele van Europa, met veldbrande in Spanje, waar 18 000 mense beveel is om in hulle huise te bly. Veldbrande het ook Maandag in Griekeland uitgebreek.

Daar was ook veldbrande in Sirië en in Turkye. Europa ervaar een van die warmste somers in jare, met ’n dodelike hittegolf wat toestande vererger.

Bronne: BBC, New York Times, Sky News

Lees ook: Verskeie mense dood weens hittegolf in Europa

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief