FlySafair sê vlugte is betyds ten spyte van staking

Lees ook :

FlySafair sê vlugte is betyds ten spyte van staking fotokrediet: X

FlySafair het bevestig alle vlugte wat vir vandag geskeduleer is, sal betyds wees ten spyte van die vlieënierstaking.

Lees ook: FlySafair kanselleer nóg vlugte weens vlieënierstaking

Die lugrederye het gesê dit werk op ’n verminderde maar stabiele skedule wat verlede week ingestel is en dat passasiers vooraf laat weet is oor enige veranderinge aan hulle vlugtye.

FlySafair het gesê dit het gister 95.2% van die skedule op die beplande tyd deurgewerk te danke aan die deursettingsvermoë en toewyding van FlySafair se operasionele spanne. Die lugredery het ook gesê die meeste van die vlieëniers is aktief by die werk en wys hulle toewyding deur die lugredery se wêreldklas-standaarde te handhaaf.

FlySafair het gesê hulle gaan weer vandag met Solidariteit samesprekings voer om die staking en die eise van die vlieëniers te probeer oplos.

Broone: FlySafair

Lees ook: FlySafair kanselleer nóg vlugte weens vlieënierstaking

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief