FlySafair het bevestig nóg vlugte is weens die vlieënierstaking gekanselleer.
Lees ook: FlySafair-vlieëniers begin staking, vlugte gekanselleer
Vlug FA327 – 16:45 CPT – HLA is gekanselleer, asook vlug FA326 – 19:30 HLA – CPT.
FlySafair het gesê stappe is in plek geplaas om mense te help wie se vlugte gekanselleer is. Al die ander vlugte sal na verwagting aangaan soos geskeduleer.
Van die FlySafair-vlieëniers staak oor onder andere salarisverhogings en werkroosters nadat onderhandelings verlede week ’n dooiepunt bereik het.
Bronne: FlySafair
Lees ook: FlySafair-vlieëniers begin staking, vlugte gekanselleer





