Sanger se penarie ná FlySafair vlugte aanpas

Lees ook :

Foto: Mathys Roets

GAUTENG. – Mathys Roets, bekende SA sanger en ook in ‘n rolstoel, wat volgende week drie vertonings in die Wes-Kaap aanbied, het kommer uitgespreek oor vlugveranderings wat hom amper sy eie vertonings in Pretoria laat mis het.

Volgens ‘n sosialemediaplasing het die probleem met die terugvlug van Kaapstad na Pretoria ontstaan, waar hy Saterdagoggend om 10:00 by Wonderpark NG Kerk moes optree. Roets het vir die vroeë vlug bespreek en betaal, maar is na ’n tydgleuf geskuif waarmee hy sy vertoning sou mis. Volgens hom was daar aanvanklik geen oplossing van die betrokke lugredery, FlySafair, nie. Hy kon ten einde raad ’n laaste sitplek op ’n Airlink-vlug bekom en betyds wees vir sy vertoning, maar wag nou op ’n terugbetaling vir die oorspronklike bespreking.

Hy het ook verwys na ’n insident ongeveer ’n maand gelede, waar sy bespreking van ’n vlug verwyder is weens te veel rolstoelbesprekings. “Ek was die enigste een met ’n sambreel. Die ander passasiers het net hulp in die terminaal nodig gehad, maar kon self instap. Ek is egter verwyder, al het ek my sitplek as rolstoelgebruiker vooraf bespreek,” het hy verduidelik.

Nuusflits het kommentaar van FlySafair oor die spesifieke aangeleentheid gevra.

Intussen het FlySafair Woensdagoggend in ‘n verklaring aan Nuusflits bevestig dat alle vlugte op vandag se rooster volgens plan vertrek het, ten spyte van voortgesette arbeidsaksie deur vlieëniers. Volgens die lugredery is ’n verkleinde vlugrooster reeds verlede week proaktief ingestel.

Luidens die verklaring is alle kliënte wat deur tydveranderings geraak is, vooraf per SMS en e-pos in kennis gestel, met behulp van die kontakbesonderhede wat by bespreking verskaf is. Slegs twee vlugte vir Dinsdag is Maandag gekanselleer: die 16:45-vlug van Kaapstad na Lanseria en die 19:30-terugvlug van Lanseria na Kaapstad. Passasiers op hierdie roetes is gekontak en volgens hul voorkeur gehelp. Alle ander vlugte is beman en het normaalweg plaasgevind.

Kliënte word aangeraai om vluginligting te monitor via die Manage My Booking-afdeling op die webwerf flysafair.co.za, of die Travel Updates-blad vir die jongste besonderhede. Personeel op lughawens is gereed om te help met herbesprekings, terugbetalings en alternatiewe reëlings.

Die maatskappy het verder bevestig dat hulle vandag (Woensdag) met die kommissie vir versoening, bemiddeling en arbitrasie (CCMA) vergader. Aansprake dat die lugredery geweier het om aan die CCMA-proses deel te neem, is verkeerd. Die lugredery neem glo reeds deel aan die proses soos vereis om ’n beskermde stakingsertifikaat te verkry en bly betrokke by bemiddelingsonderhandelinge.

“Ons weet dat reisversteurings uiters stresvol kan wees, veral wanneer planne lank vooruit gemaak is,” sê Kirby Gordon, bemarkingshoof van FlySafair. “Ons is werklik jammer vir die ongerief en verseker ons kliënte dat ons alles in ons vermoë doen om so vinnig moontlik volle operasionele herstel te bewerkstellig.”

Lees Roets se sosialemediaplasing hier onder:

Help!! Well, here I am now sitting trying to get to all my shows on time! I’m flying to the Cape next week for 3 Leonard Cohen shows. Two at Die Boer 30,31 July. And one at The Songs of Leonard Cohen – Drostdy Teater – Stellenbosch. This is where the problems start with the flights. FlySafair problems are now becoming all of our problems. I have to be back on time Sat. morning for my show at 10 in Pretoria. I booked and paid for the early flight and now I am being moved to a time slot where I will miss my own show. And apparently no solution.

About a month ago FlySafair also kicked me off a flight because there were too many wheelchair bookings! I was the only umbrella. The others were just people needing help in the terminal because the distances are far. Everyone can get up and climb the stairs and board the plane themselves. I have no problem with long distances. But I just need help getting on the plane. Then I was thrown off even though I reserved my seat as a wheelchair user. Fortunately that day was not crisis except for 4 hours long drinking coffee and waiting at the airport.

But Saturday morning I have to fly at 6 o’clock to sing at 9 o’clock in Pretoria at Wonderpark NG church. So SafAir the 10 hour flight is not going to help me. I was able to get a last seat at Airlink. I’m going to be on time! But wondering how long I will wait for a refund? See you in Durbanville, Stellenbosch and Wonderpark NG church!

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief