LOUISVILLE, VSA. – ’n Jong vrou is gisteroggend in Louisville, Kentucky, doodgeskiet terwyl sy met haar kind na ‘n bushalte geloop het.
Lees ook: Vier kinders in hegtenis wat vrou (71) met gesteelde motor raakry
Die vrou is by ‘n hospitaal dood verklaar. Die kind, wat saam met haar was, is nie beseer nie en is veilig.
’n Tiener (15) is by Hoërskool Shawnee in aanhouding geneem en ondervra, maar hy is weer vrygelaat.
Die motief vir die skietery is onbekend en die verdagte word steeds gesoek.
Op 7 Augustus het ’n leerling (15) ook skote naby ‘n bushalte geskiet en weggehardloop. Hy is later in hegtenis geneem.
Dit is onbekend of die moord op die vrou en verlede week se skietery enige verband het.
Bronne: Daily Mail, ABC News, Kentucky Today
Lees ook: Vier kinders in hegtenis wat vrou (71) met gesteelde motor raakry





