VSA-senaat stel wetsontwerp in om betrekkinge met SA te hersien

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VSA. – Senator John Kennedy het op 15 September die Wet op die Hersiening van Bilaterale Betrekkinge tussen die VSA en Suid-Afrika in die Amerikaanse senaat ingedien. Die wetsontwerp vra vir ’n volledige hersiening van betrekkinge met Suid-Afrika weens sy regering se bande met Rusland, China en Hamas.

Die wetsontwerp vereis dat die Amerikaanse president moet sertifiseer of Suid-Afrika die VSA se nasionale veiligheid ondermyn. Dit vereis ook dat ‘n geklassifiseerde lys van ANC-amptenare en regeringslede wat vir sanksies kwalifiseer, saamgestel moet word. Verder sluit dit ook die beëindiging van Suid-Afrika se voordele onder die Amerikaanse Wet of Groei en Geleenthede(Agoa) in. Agoa as ‘n geheel sluit op 30 September.

Kennedy het gesê: “Die Suid-Afrikaanse regering het gekies om by Rusland en China aan te sluit terwyl dit ons bondgenoot Israel aanval. Hierdie wetsontwerp hou Suid-Afrika aanspreeklik en verseker dat ons verhouding Amerikaanse nasionale veiligheid dien, nie ondermyn nie.”

Hy het die regering verder daarvan beskuldig dat dit pro-Hamas en anti-VSA-standpunte bevorder, gesamentlike vlootoefeninge met Rusland en China het en ’n gesanksioneerde Russiese skip in sy waters toegelaat het.

Die wetsontwerp volg op ’n soortgelyke een wat vroeër vanjaar in die Huis van Verteenwoordigers ingedien is. Anders as dié een, fokus die senaatweergawe op die ANC en vereis ’n geklassifiseerde lys van amptenare wat vir sanksies kwalifiseer.

Politieke kommentator Joel Pollak het gewaarsku dat die feit dat beide die Huis en Senaat soortgelyke wetsontwerpe oorweeg, ’n ernstige poging tot beleidsverandering aandui, al is dit nie gewaarborg dat dit wet sal word nie.

Lees die volledige senaatsverklaring deur hier te druk.

Bron: United States Senate en Bussiness Tech

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief