Stiefma vir mishandeling gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Stiefma (36) wat ‘n 11-jarige seun herhaaldelik mishandel het, is deur die hof skuldig bevind en 10 jaar tronkstraf opgelê.

Kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die stiefma het die seun met ‘n stok geslaan, met ‘n warm yster gebrand en sy kop is op die vloer gestamp. Die stiefma is op twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade te doen, skuldig bevind en op elke aanklag 10 jaar gevonnis. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Sers. Katlego Pheko van die Mangaung-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) se speurwerk het gelei tot die skuldigbevindings. Dit het geregtigheid vir die jong slagoffer gebring en ‘n sterk boodskap gestuur dat misdade teen kinders nie geduld sal word nie.

Die stiefma is voorts ook onbevoeg verklaar om met kinders te werk en om ‘n vuurwapen te besit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief