Sarah Ferguson verwyder van 7 liefdadighede oor e-pos aan Jeffrey Epstein

Lees ook :

Sarah Ferguson verwyder van sewe liefdadighede oor e-pos aan Jeffrey Epstein fotokrediet: X

VK. – Sewe liefdadigheidsorganisasies het Sarah Ferguson verwyder nadat ‘n e-pos van 2011 aan Jeffrey Epstein waarin sy hom ‘n “’supreme’ friend” noem en verskoning vra dat haar kritiek van hom openbaar gemaak is.

Lees ook: Epstein-slagoffers wil eie lys opstel

Juliu’s House, die Teenage Cancer Trust, Natasha Allergy Research Foundation, Children’s Literacy Charity, National Foundation for Retired Service Animals en Prevent Breast Cancer het haar almal verwyder as ‘n skenker. Die British Heart Foundation het haar as hulle ambassadeur verwyder.

‘n Woordvoerder vir Ferguson het gesê die e-pos waarin sy om verskoning vra vir haar openbare kritiek en verwerping van Epstein en hom ‘n “’supreme’ friend” noem, is gestuur, want hy het gedreig om haar te dagvaar vir naamskending.

Die woordvoerder het gesê Ferguson is steeds spyt oor enige assosiasie met hom.

Bronne: BBC, The Independent, Town & Country Magazine

Lees ook: Epstein-slagoffers wil eie lys opstel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief