Epstein-slagoffers wil eie lys opstel

Lees ook :

Epstein-slagoffers van plan om eie lys op te stel fotokrediet: X

VSA. – ’n Groep Epstein-slagoffers het tydens ’n byeenkoms in Washington aangekondig hulle is besig om ’n lys van mans wat met Jeffrey Epstein geassosieer word, saam te stel.

Lees ook; VSA- huisoorsigkomitee dagvaar vir Jeffrey Epstein se ‘verjaardagboek’

Een van die slagoffers, Lisa Phillips, het tydens die byeenkoms, wat gereël is om wetmakers te dwing om nog Epstein-lêers vry te stel, gesê die groep stel ’n vertroulike lys op van mans op wat by hulle mishandeling betrokke was.

Sy het gesê die lys “word saamgestel deur oorlewendes en vir oorlewendes”. Philips het die departement van justisie aangemoedig om al die dokumente en inligting van die saak vry te stel en het gesê baie slagoffers is bang vir gevolge as hulle self die name sou openbaar maak.

Nege van Epstein se slagoffers het hulle verhale vertel en het gesê hulle is nooit in kennis gestel van die departement van justisie se onderhoud met Ghislaine Maxwell nie of gesê dat sy gedagvaar is om voor die huis van verteenwoordigers te getuig nie. Die slagoffers het ook gesê hulle is nie gevra om te getuig nie.

Bronne: BBC, PEOPLE, Sky News

Lees ook: Jeffrey Epstein-hofdokumente moet vrygestel word

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief