Polisiebeampte kry opgeskorte vonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Sers. Phillip Mofokeng (49) is vir die aanranding op Pamela Mavimbela (36) gedurende 2019 skuldig bevind en tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Die vonnis is heeltemal vir ’n periode van vyf jaar opgeskort, mits hy nie gedurende dié tyd weer aan aanranding skuldig bevind word nie.

Lizzy Suping, Opod-woordvoerder, sê die voorval het op op 19 Julie 2019 plaasgevind, toe agt polisiebeamptes Mavimbela se huis in Ndlangisstraat, Vosloorus, binnegegaan het om na haar broer te soek. Sy is aangerand, geboeie en na verskeie plekke geneem terwyl die polisie haar broer probeer opspoor het. Toe hulle hom nie vind nie, is sy in Soweto agtergelaat.

Mavimbela het die voorval by die polisie aangemeld en die ondersoek is deur die onafhanklike polisiedirektoraat (Opod) oorgeneem. Sy kon slegs een van die beamptes identifiseer – Mofokeng – wat aangekla is van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Suping sê die uitspraak is ‘n poging om aanspreeklikheid onder polisielede te versterk.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief