KYK: JACOBUS en Demi Lee Moore sing saam op nuwe enkelsnit

Lees ook :

Foto: Hendri Fourie

JACOBUS se musiekloopbaan het ’n besonderse wending geneem met die vrystelling van sy nuwe enkelsnit, Probeer, saam met Demi Lee Moore.

Fanie Nel van die Coleske Groep sê die jong sanger en liedjieskrywer het aanvanklik die aandag van Coleske Artists getrek, nadat hy sy weergawe van Moore se wenliedjie uit die eerste seisoen van Die KontrakMis Eet Slaap Herhaal – opgeneem het. Dit het uiteindelik tot ’n platekontrak gelei. Nou sing die twee kunstenaars saam op Probeer, ’n emosionele liedjie wat deur JACOBUS geskryf is.

“Dit het gevoel soos ’n droom toe Demi Lee sê sy wil saam met my die liedjie sing,” sê JACOBUS. Die musiekvideo is in Pretoria verfilm en ’n klassieke Mercedes-Benz is onder andere in die video te sien. Volgens JACOBUS vertel die video die storie van die liedjie vanuit twee perspektiewe.

Probeer is nou hier op digitale stroomdienste beskikbaar.

JACOBUS, Demi Lee Moore, Probeer, Afrikaanse musiek, enkelsnit, musiekvideo, Coleske Artists

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief