KYK: Vragmotor ploeg deur voertuie op N10 – een dood

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video-opname Dean Slater

Waarskuwing! Video-opnames in die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

OOS-KAAP. – ‘n Vragmotor het Maandag omstreeks 16:00 op die N10, naby Cradock, met twee voertuie gebots. ‘n Bestuurder (38) van een van die voertuie het gesterf.

Kapt. Yolisa Mgolodela sê aan Nuusflits die vragmotor het op die N10 vanaf Middelburg gery toe die remme na bewering gefaal het. Die vragmotor was glo genoodsaak om ‘n vragmotor wat voor hom gery het, verby te steek. Die vragmotor het daarna met twee ander voertuie gebots, wat in die teenoorgestelde baan gery het.

’n Saak van strafbare manslag is by die Nxuba-polisie oopgemaak. Die ondersoek duur voort.

Volgens kapt. Mgolodela is die ondersoek steeds aan die gang.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief