VSA. – Die verdagte in die skietery by die Brown-universiteit in Amerika is in ‘n stoorfasiliteit in Salem, New Hampshire, dood aangetref.
Lees ook: Persoon van belang in skietery by universiteit gaan vrygelaat word
Claudio Neves Valente (48) is ‘n Portugese burger wat sowat 25 jaar gelede by die Brown-universiteit studeer het. Die polisiehoof van Providence, waar die universiteit gelëe is, het gesê video’s en inligting van die publiek het hulle gelei na ‘n motorhuurmaatskappy waar hulle sy naam gekry het.
Rhode Island se prokureur-generaal, Peter, het gesê Valente is dood gevind met ‘n sak en twee vuurwapens en dat bewyse in ‘n motor naby die misdaadtoneel die skietery op 13 Desember aan die skietery by die universiteit verbind het.
Die voorlopige ondersoek het gedui dat Valente himself geskiet het, maar dit is onbekend wanneer dit gebeur het.
Valente word ook daavan verdink dat hy op 15 Desember ‘n professor van die Massachusetts Instituut van Tegnologie doodgeskiet het. Hy het Nuno F Gomes Loureiro (47) glo Maandag by sy huis in Brookline doodgeskiet. Albei het in die 1990’s by dieselfde universiteit in Portugal studeer.
Die sake word nog ondersoek.
Bronne: BBC, CNN, NBC News
Lees ook: Persoon van belang in skietery by universiteit gaan vrygelaat word


