KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou in haar 60’s het Maandag vermoedelik ‘n mediese noodgeval beleef, beheer oor haar voertuig verloor, teen ‘n gewilde winkel in Pelicanrylaan in die Yellow Wood Park-gebied, suid van Durban, gebots en binne-in die winkel tot stilstand gekom.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê dié diens het hulle omstreeks 10:40 na die toneel gehaas. Met aankoms op die toneel is gevind dat die bestuurder van die voertuig beheer verloor en in die winkel tot stilstand gekom het. ’n Vrou is op die toneel deur paramedici gestabiliseer voordat sy vir verdere mediese behandeling na ’n nabygeleë hospitaal vervoer is.
Jamieson sê die omstandighede wat tot die botsing gelei het, is tans onbekend. Die polisie was op die toneel en sal die voorval verder ondersoek.





