VK. – Ian Huntley, die voormalige skoolopsigter wat in 2002 twee 10-jarige skoolmeisies in Soham vermoor het, is Saterdag dood ná ’n aanval in die tronk.
Die 52-jarige het ernstige kopbeserings opgedoen nadat ’n ander gevangene hom op 26 Februarie in HMP Frankland aangeval het. Hy was sedertdien in ’n hospitaal aan lewensondersteuning gekoppel.
Huntley het ’n lewenslange vonnis uitgedien met ’n minimumtermyn van 40 jaar vir die moord op beste vriendinne Holly Wells en Jessica Chapman. Honderde polisielede en nog meer vrywilligers het destyds sowat twee weke na die kinders gesoek voor hulle liggame gekry is. Die Britse ministerie van justisie het gesê Huntley se misdaad “bly een van die mees skokkende en verwoestende sake in ons land se geskiedenis, en ons gedagtes is by hul families”.
Die ouma van Huntley se dogter het gesê sy sou graag buite die “monster” se begrafnis wou staan met ’n plakkaat waarop staan: “Brand in die hel.”
Bronne: BBC, Mirror.




