Wêreldrekord met troeteldierkos opgestel

Lees ook :

Foto's: Petshop Science & Montego Pet Nutrition - Shoprite Holdings

VRYSTAAT. – Petshop Science en Montego Pet Nutrition het ‘n nuwe Guinness Word Records-titel opgestel vir die grootste skenking van troeteldierkos wat binne 24 uur by die Bloemskou in Bloemfontein ingesamel is. Die twee maatskappye het in vennootskap 67 200 kg troeteldierkos ingesamel, wat die vorige rekord van 36 750 kg, wat in 2023 in die VSA opgestel is, verpletter het.

Amptelike Guinness World Records-waarnemers het elke skenking geverifieer en die finale totaal bevestig. Al die ingesamelde kos sal aan agt geregistreerde dierewelsynsorganisasies in die Vrystaat versprei word, met bykomende toekennings aan skuilings in ander provinsies. Die rekord kom boonop met R3,3 miljoen se troeteldierkos en -toebehore wat Petshop Science in die afgelope boekjaar aan 35 dierewelsynsorganisasies regoor Suid-Afrika geskenk het. Sedert 2021 het die ketting na 174 winkels landwyd uitgebrei.

Trevor Paxton, die algemene bestuurder van Petshop Science, sê dit wys wat moontlik is wanneer mense vir ‘n saak saamstaan.” “Wat saak maak, is waarheen hierdie voedsel gaan en die verskil wat dit sal maak.” Johan van Jaarsveld, die besturende direkteur van Montego Pet Nutrition, sê die rekordpoging het die geleentheid geskep om die buitengewone toewyding van diereredders in die kollig te plaas. “Ons is trots op wat hierdie vennootskap met Petshop Science bereik het en bly verbind tot die voortgesette werk wat dit vereis.”

Sedert 2021 het die kettinggroep na 174 winkels in al nege provinsies uitgebrei, onder meer deur sy vennootskap met Sixty60.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief