Bejaarde met hartstilstand val in swembad

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – ‘n 78-jarige vrou het Sondag in Plettenbergbaai by ‘n hotel se swembad glo ‘n hartstilstand ervaar en in ‘n swembad geval. Sy is sonder pols en asemhaling uit die swembad gehaal, waarna KPR toegepas is. Maandag is bevestig dat sy goed onder mediese sorg herstel.

Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, sê volgens Geoffrey Williams, diensbestuurder van NSRI-Plettenbergbaai, het die diens ná 1:00 ‘n dringende oproep vir mediese bystand ontvang. Met aankoms op die toneel was ‘n dokter van Johannesburg en ‘n paramedikus van Hermanus met hulp van omstanders besig met KPR (kardiopulmonêre resussitasie) op ‘n bewustelose vrou. NSRI-mediese personeel het die KPR-pogings ondersteun en hul outomatiese eksterne defibrillator (OED) gebruik. ‘n Pols en spontane asemhaling is uiteindelik herstel.

Die pasiënt is in ‘n kritieke toestand na ‘n hospitaal vervoer en later per ambulans na ‘n mediese fasiliteit in die Suid-Kaap oorgeplaas. Sy herstel tans goed.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief