WES-KAAP. – Die Metropolisie se buurtveiligheidsbeamptes het gedurende die wintervakansie ‘n reeks programme in Kalksteenfontein en Valhalla Park aangebied om kinders se veiligheid te bevorder en misdaad te help voorkom.
JP Smith, die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, sê die beamptes werk saam met plaaslike skole aan verskeie veiligheidsinisiatiewe, waaronder ‘n drilgroep vir sowat 50 kinders. Die jongklomp ontvang ook opleiding oor onder meer brandveiligheid, noodprosedures en hoe om hulself veilig te hou.
‘n Pret-en-sportdag is ook tydens die vakansie aangebied om die kinders op ‘n positiewe manier besig te hou. Volgens Smith lewer die programme ‘n positiewe bydrae tot die jongklomp se ontwikkeling en versterk dit die verhouding tussen buurtveiligheidsbeamptes en die gemeenskap.
Druk hier om meer te lees.





