Die kabinet het goedkeuring verleen dat die geldigheidstydperk van bestuurslisensies vir ligte motorvoertuie en motorfietse van vyf na 10 jaar verleng word. Die wysiging is egter nog nie goedgekeur nie en die ou wetgewing geld steeds.
Khumbudzo Ntshavheni, minister in die presidensie, het Donderdag gesê die verandering sal geld vir kode A, A1, B en EB-lisensies. Bestuurders van swaar kommersiële voertuie en openbare vervoer sal egter steeds hul lisensies volgens die huidige twee jaar- of vyf jaar-termyn moet hernu, terwyl professionele bestuurspermitte (PrDP’s) op die bestaande tweejaartermyn bly.
Ntshavheni het beklemtoon dat die verandering eers in werking kan tree nadat die nodige wetgewende wysigings goedgekeur is. Tot dan moet motoriste steeds hul bestuurslisensies volgens die huidige wetgewing hernu. Volgens haar bring die verandering Suid-Afrika in pas met internasionale praktyk, verminder dit die administratiewe las op die lisensiëringstelsel en beteken dit dat motoriste minder gereeld hul lisensies hoef te hernu.
Druk hier om meer te lees.




