NOORDWES. – Chrisi Pretorius, ‘n gr. 8-leerling van die Hoërskool Rustenburg is tans in die intensiewe sorgeenheid (ICU) waar sy behandel word nadat sy op 29 Julie ‘n beroerte gehad het.
Die skool het op sosiale media gesê die Rustie-gemeenskap dra Chrisi en haar familie in hul gebede en vertrou op krag, genesing en hoop gedurende hierdie moeilike tyd. Volgens die skool word die Pretorius-gesin ook deur toenemende mediese uitgawes in die gesig gestaar en is finansiële ondersteuning welkom. Enige bydrae, groot of klein, sal volgens die skool opreg waardeer word. Die skool sê elke gebed, boodskap van ondersteuning en finansiële bydrae gee die familie nuwe hoop terwyl Chrisi vir haar herstel veg.




