Motoriste kan volgende week meer vir petrol en diesel betaal.
Die jongste data van die Sentrale Energiefonds dui op ’n styging in die brandstofprys wanneer die volgende maandelikse prysaanpassing in werking tree.
Die SEF se daaglikse berekeninge volg die beweging van internasionale petroleumprodukpryse en die rand/dollar-wisselkoers, wat albei ’n invloed op Suid-Afrika se brandstofprys het.
Die jongste berekeninge wys dat daar tans ’n onderverhaling op petrol en diesel is. Dit beteken dat die berekende koste van brandstof hoër is as die huidige gereguleerde prys.
Hulle data verander daagliks namate internasionale pryse en die wisselkoers verander. Die huidige aanduiding kan dus nog voor die finale prysaanpassing verander.
Motoriste sal daarom tot die amptelike aankondiging moet wag om te weet presies hoeveel petrol en diesel volgende maand sal kos.
Bron: Sentrale Energiefonds