Brekende Nuus
Uncategorized

Vandag se regskennisgewings nou op Nuusflits beskikbaar

Vandag, 16 Oktober 2026, se regskennisgewings is op Nuusflits gepubliseer en kan by legalnotices.nuusflits.com besigtig word.

Hierdie kennisgewings vorm deel van onder meer die bereddering van bestorwe boedels. Dit sluit kennisgewings aan skuldeisers in, asook kennisgewings dat likwidasie- en distribusierekeninge ter insae lê.

Vir prokureurs, eksekuteurs en boedelberedderaars maak Legal Notice Publishing die bespreking en publikasie eenvoudig. Die span hanteer plasings in sowel die Staatskoerant (Government Gazette) as Nuusflits, sodat kliënte albei deur een diens kan reël.

Om te bespreek, besoek LegalNotice.co.za of stuur ’n e-pos aan [email protected].

Ná publikasie ontvang kliënte die publikasiebewyse van albei publikasies direk per e-pos: ’n PDF van die Nuusflits-kennisgewing en die betrokke Staatskoerant-bladsy. Dit kan maklik afgelaai, uitgedruk en by die boedellêer gevoeg word. Die Nuusflits-bewys bevat ook ’n QR-kode waarmee die aanlyn publikasie nagegaan kan word.

Een bespreking, albei plasings en die publikasiebewyse direk aan jou – maklik en eenvoudig.