ActionSA vra waar is die visums

Lees ook :

Foto ter voorstelling

Die departement van binnelandse sake het onthul dat slegs 33 sakevisums in die mees onlangse finansiële jaar goedgekeur is.

Net oor die 204 aansoeke is oor die afgelope vyf jaar goedgekeur.

Luidens ’n verklaring uitgereik deur ActionSA skep hierdie getal onsekerheid oor die wettigheid van duisende buitelandse ondernemings wat landwyd sake doen. Wat in praktyk gebeur en wat die Suid-Arikaanse immigrasiewette vereis, is in skerp kontrak met mekaar, verklaar ActionSA.

Buitelanders moet, om ‘n sakevisum te bekom, oor die algemeen ‘n minimum kapitaalbelegging van R5 miljoen maak. Verder moet hulle verseker dat die onderneming minstens 60% Suid-Afrikaners of permanente inwoners in diens het.

Volgens die departement het meer as 30 000 buitelandse burgers aansoek gedoen om hulle besighede te registreer. Dit tydens die onlangse spazawinkel-registrasieproses.

ActionSA sê dit lei tot ernstige kommer oor wetstoepassing, aangesien duisende ondernemings steeds funksioneer, ten spyte daarvan dat so min amptelik goedgekeur is. Vir organisasies soos ActionSA laat dit vrae ontstaan oor moontlike tekortkominge in die regulering en monitering deur munisipaliteite en die departement van binnelandse sake.

Ten slotte se ActionSA dat hierdie syfers nie net geïgnoreer kan word nie. Suid-Afrikaners verdien antwoorde, verantwoordelikheid en die regering wat bereid is om sy eie wette toe te pas.

Bron: ActionSA

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief