‘Afpersers’ deur polisie doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

OOS-KAAP. – Twee verdagtes, glo afpersers, is Saterdag tydens ‘n skietery met die polisie op die R61 naby die Hafton-plaas se hoofhek doodgeskiet.

Brig. Nobuntu Gantana, polisiewoordvoerder, sê lede van die taktiese reaksiespan (TRT) het omstreeks 15:20 inligting oor ’n grys Toyota Verso ontvang, wat glo met die onlangse ontvoering van ’n Chinese sakeman verbind word. Die voertuig is op die R61 naby Hafton-plaas voorgekeer.

Volgens rapportering het ’n verdagte wat agter in die voertuig gesit het, glo op beamptes losgebrand toe die voertuig gestop is. Lede van die TRT het uit selfverdediging teruggeskiet. Albei beweerde afpersers is tydens die skietery noodlottig gewond. Een van die oorledenes is reeds positief geïdentifiseer, terwyl die tweede man nog nie geïdentifiseer is nie.

Die voorval is vir verdere ondersoek na die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) verwys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief