Alcaraz jongste om in al 4 eindstryde te speel

Lees ook :

INTERNASIONAAL. – Carlos Alcaraz, duidelik die liefling van die skare, het vanoggend nieteenstaande ‘n besering die jongste man geword om die finaal van al vier die toernooie van die Grand Slam te bereik deur die Duitser Alexander Zverev in ‘n epiese stryd van meer as vyf ure  in die Rod Laver-arena te wen. Op net 22 jaar kan hy die jongste speler word om die Grand Slam in te palm.

Hy sal later te staan kom teen óf Jannik Sinner óf Novak Djokovic, wat mekaar ook vandag in die halfeindrondte van die Aussie-Ope pak.

Bronne: ESPN, ATP Tour

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief