Amazon bevestig afleggings ná glips met e-pos

Lees ook :

VSA. – Die tegnologiereus Amazon het bevestig dit gaan 16 000 werknemers wêreldwyd aflê nadat ‘n e-pos oor komende afleggings skynbaar per ongeluk gestuur is. Die e-pos oor die afleggings, glo om die “maatskappy te versterk”, is vinnig weer uitgevee. Werknemers was nog nie amptelik ingelig oor die besnoeiing voor die e-pos gestuur is nie.

Beth Galetti, senior visepresident van menslike ondervinding en tegnologie by Amazon, het Woensdag gesê die maatskappy is nie van plan om “elke paar maande uitgebreide afleggings te maak nie”, verwysende na Amazon se aankondiging in Oktober verlede jaar dat dit 14 000 poste gaan sny.  

Die besnoeiing van 16,000 poste is glo al weke deur Amazon-werknemers verwag, volgens ‘n vorige werknemer, wat anoniem wil bly.

Sedert 2022 het groot tegnologiefirmas soos Amazon, Meta, Google, Microsoft en ander hulle werksmag jaarliks met tienduisende verklein.

Bronne: CNBC, BBC

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

One Response

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief