DENVER,VSA. – Die enjin van ’n American Airlines-vliegtuig het gister aan die brand geraak na dit by die Denver-lughawe geland het.
Lees ook: Ryanair-vliegtuig en helikopter mis mekaar rakelings oor stuuroutomaat
Rook het by die enjin van die Die Boeing 737-800 ná landing uitgekom. Die passasiers en bemanning is via ‘n vliegtuigvlerk ontruim en 12 passasiers is met ligte beserings na hospitale geneem.
Volgens die Federale Lugvaartadministrasie moes die vliegtuig oorspronklik in Dallas geland het, maar dit is na Denver gestuur toe vlieëniers ‘n enjinprobleem aangemeld het.
BREAKING: An American Airlines plane carrying 178 people appeared to catch fire on the tarmac after making an emergency landing at Denver International Airport Thursday evening, forcing passengers to evacuate by climbing out onto the wing of the plane. https://t.co/gWlirSyILE pic.twitter.com/AOSU1iB24H
— CBS News (@CBSNews) March 14, 2025
Bronne: DW – South Africa, New York Post, CBS News
Lees ook: Ryanair-vliegtuig en helikopter mis mekaar rakelings oor stuuroutomaat