Amerikaner wat bababuidelmuis by ma vat vir video verlaat Australië

Lees ook :

Amerikaner wat bababuidelmuis by ma vat vir video het Australië verlaat fotokrediet: X

AUSTRALIЁ. – Sam Jones, die Amerikaner wat ‘n bababuidelmuis (wombat) by die diertjie se ma gevat het om ‘n video te neem, het Australië verlaat.

Lees ook: Amerikaanse vrou gekritiseer wat babadier van ma neem vir video

Die minister van binnelandse sake in Australië het gesê hulle was besig om te ondersoek of hulle Jones, wat ook die naam Samantha Strable gebruik, se visum kon onttrek, maar sy het die land vrywillig verlaat.

Sy is nie aangekla van enigiets nie en dus was daar nie ‘n wettige rede om haar visum te onttrek nie.

In die video het sy die bababuidelmuis langs die pad gegryp en daarmee weggehardloop terwyl sy lag oor die diertjie se ma wat agternahardloop. Buidelmuise, in Suid-Australië en Tasmanië aangetref, is ‘n beskermde spesie in Australië en om klein diertjies van die ma te skei, kan skadelik vir hulle wees.

Bronne: BBC, The Express Tribune, ABC News

Lees ook: Amerikaanse vrou gekritiseer wat babadier van ma neem vir video

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief