Babaformule weens moontlike gesondheidsrisiko herroep

Lees ook :

Foto: Clicks

Die nasionale verbruikerskommissie waarsku verbruikers dat sekere babaformuleprodukte van Nutricia Aptamil weens ’n moontlike veiligheidsrisiko herroep is.

Die herroeping raak sekere eenhede babaformule van Aptamil Nutribiotik 2 (8D00 g) en Aptajunior Nutribiotik 3 (800 g) wat deur Nutricia Southern Africa versprei is. Volgens die kommissie raak die herroeping 2 989 eenhede van dié produkte. Die vervaardiger het aangedui dat ’n rou materiaal wat in die vervaardiging van die betrokke bondels gebruik is, moontlik spore van sereulied kan bevat. Hoë blootstelling van die toksien kan simptome soos naarheid, braking en maagkrampe veroorsaak.

Die babaformule is sedert Augustus 2025 landwyd by Dis-Chem en Clicks verkoop.

Die herroeping raak die volgende bondels:
Aptamil Nutribiotik 2 (800 g) – bondelnommers 20260911 en 20261209
Aptajunior Nutribiotik 3 (800 g) – bondelnommer 20261209

Lees meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief