MONTERREY. – Suid-Afrika pak Kanada vandag om 21:00 Suid-Afrikaanse tyd in Los Angeles in die FIFA Wêreldbeker se ronde van 32.
Dit is Bafana Bafana se eerste uitklopwedstryd nóg by ‘n Wêreldbeker.
Bafana het Woensdag vir die uitklopfase gekwalifiseer ná ‘n geskiedkundige oorwinning van 1-0 oor Suid-Korea.
Hugo Broos, Bafana se afrigter, sal ‘n span kies wat reeds geskiedenis gemaak het deur vir die eerste keer die uitklopfase te haal.
Die wedstryd teen Kanada is nou die volgende groot toets vir ‘n Suid-Afrikaanse span wat reeds die land se sokkerondersteuners laat droom.





